Dit is vir ons baie belangrik dat ons gereeld die voorbidders vir die gemeente op hoogte moet hou van wat alles in die gemeente aangaan.
Daarom stuur ons reeds vir baie jare, elke week 地 e-pos uit met die naam BID - aan meer as 300 e-pos adresse. Die epos
bestaan uit:
キ 地 afdeling Bid, met sake vir Voorbidding,
キ 地 afdeling Inligting, wat interessante inligting van ons werksaamhede
bevat en
キ 地 afdeling Dank, met sake vir Danksegging.
Enigiemand wat belangstel om op 地 Dinsdag aand die epos te kry, is welkom om 地 e-pos
na pondo@wildcoast.com te stuur en dit aan te vra. Ons sal dan dadelik u naam op die databasis invoeg en dit weekliks
aanstuur.
Ons het al hoe meer bewus geraak van die waarde van gebed vir ons werk. Omdat die epos deur sommige gemeentes in hul
Sondag afkondigings gekopieer word, is die inligting daarin aan duisende mense weekliks beskikbaar. Besef u wat die krag van
gebed is wanneer meer as 地 duisend mense vir dieselfde saak voorbidding doen? Ons beleef dit!