Na aanleiding van die eerste besoeke van jongmense uit ons gemeente aan Mosambiek, het die gemeente gedurende die Paasfees konferensie van 2001 gevra dat ons as 地 gemeente 地 besoek aan Mosambiek sal bring. Dit was 地 baie emosionele oomblik vir my persoonlik omdat ek hierin die getrouheid van die Here beleef het. Dit was Hy wat alles begin het met die bou van Bet-El, die inkom van geld deur die verhuring van Bet-El, die skoling van die gemeente en nou die besluit om as gemeente 地 korttermyn Sending uitreik na Mosambiek te onderneem.
Ons het nie mooi geweet waarheen om te gaan nie, maar die Here het die pad vir ons reeds uitgewerk. So
besoek ons die eerste keer die Volta A Biblia Bybelskool naby Macia in die Gaza Provinsie in die suide van Mosambiek gedurende September
2001. Dit het 地 jaarlikse instelling geword en die lidmate kon vir die eerste keer leer om oor kultuurgrense Evangelisasiewerk
te doen.
Dit was vir hulle 地 vreemde ervaring om die Sjangaan mense te ontmoet en te besef dat die Xhosa en Sjangaan in die
gryse verlede een mensegroep was. Daar word baie oor die Sjangaan kultuur geleer: hoe hulle mielies en grondbone maal, hoe hulle
hul huise bou en hul manier van leef; wat hulle alles eet en hoe hulle geleer het om klaar te kom met dit wat hulle in die bosse kry
om van te leef.
Oor die jare het daar 地 mooi samewerkingsband tussen Decoligny gemeente en Volta A Biblia gegroei. Ons het na
die aanvanklike inligtingsbesoeke begin om prakties by die studente en die mense daar betrokke te raak. Daar is huisbesoek gedoen,
daar is Kinder Evangelisasie klasse aangebied. Ons het ook al die voorreg gehad om Bybel klasse in die dorpies onder 地 mangoboom
te hou en om te preek in gemeentes. Willem bied van tyd tot tyd vir die studente 地 kursus aan oor die huwelik om hulle in hul
eie huwelike te help en om hulle te leer om as toekomstige leiers in hul kerke aan die lidmate leiding te gee. Huwelik Seminare
vir kerkleiers van verskillende kerke, asook skoling oor die huwelik vir jongmense word ook aangebied.
Die Kerkraad het besluit dat Decoligny gemeente nie net van die Here mag ontvang nie, ons moet ook van die fondse wat ons inkry deur die verhuring van Bet-El gebruik om maandeliks die werk van Volta A Biblia Bybelskool, te ondersteun. Op die manier is Decoligny ook betrokke by die onderhoud en opleiding van die studente in Mosambiek. Tans dra ons gemeente ook by om een van die leraars se salaris te kan betaal.