VGK Decoligny
Tuisblad
Gemeente
Aktiwiteite
Die Leraar
Meer oor
Decoligny
Kontak ons
Sinethemba

Ek is die afgelope aantal jare ook leraar van die NGK Mthatha en het daar van die Sinethemba Sentrum vir geestelik en fisies gestremde kinders naby Ngqeleni gehoor.  Toe ek in 2006 die eerste keer by hul sink-en-modder Pienk huis kom, het iets in my gebreek. Ek het net geweet dat die Here hierdie kinders met ’n besonderse rede oor my pad gebring het.  Daardie dag het ek besef dat hierdie kinders van nou af deel van my lewe sal wees.

Tydens ’n Kerkraad vergadering van Decoligny is die saak bespreek en die Barmhartigheid komitee van die gemeente het dadelik daar gaan besoek.  Elkeen wat die dag daar was, het beleef dat die Here met hulle praat dat ons Sinethemba as ’n Barmhartigheid projek van die gemeente moet ondersteun.  So kan baie meer lidmate betrokke raak by uitreike en by Sinethemba gaan besoek. 

Die twee gemeentes, saam met DOVE en talle ondersteuners, onder leiding van Chris Vermeulen en Marius Koen, die harde werk van studente van die Transkei Werkers Aksie van die Universiteit Stellenbosch en ander instansies, asook met die finansiële steun van talle donateurs het vir hierdie kinders in 2008 'n ordentlike blyplek gebou

Die verhaal van Sinethemba, vanaf sy onstaan in 2003, is ’n verhaal van hoop op die Hoop van die wêreld, die Lewende God, wat omgee vir die armes en die wese en ’n hart het vir kinders.

’N STORIE VAN HOOP – SINETHEMBA

Kort geskrewe stukkie (Pdf, 2.79MB)

 

Toe... en ...nou
Besoeke:
DOVE
Verblyf (Bet-El)
Reelings
Lidmaatskoling:
Sending uitreik
Kinderbediening
Vrouewerk
Sinethemba
Paasfees
Transkei Werkers Aksie
Jeugwerk
EE 3 skoling
Veritas Bybel opleiding
Farming God's way
Huwelik seminare