Die leuse van die Vroue Aksie is "Die vrou in diens van Christus en Sy kerk."
Omdat die grootste persentasie lidmate in die kerk vroue
is, is die vrouewerk so belangrik. Die vrouens kom weekliks in die wyke, in klein groepies bymekaar om bidure te hou. Elke wyk funksioneer onafhanklik met ’n leidster wat die leiding neem. Siekes, bejaardes en die wat nie meer gereeld die byeenkomste
bywoon nie, word besoek en bemoedig.
Die vroue is ook betrokke by die Sinethemba Kinderhuis projek waar daar van tyd tot tyd besoek word. Geskenkies (toiletware, kombersies, eetgoed) word deur die vrouens jaarliks aan die kinders van Sinethemba geskenk om ook so ons meelewing te betoon.
Die Vroue Aksie hou jaarliks 'n konferensie waar ’n geestelike onderwerp deur ’n spreker behandel word. Dit is altyd tot groot seën vir almal wat dit bywoon. Daar is ook jaarliks ’n Ringskonferensie en elke vierde jaar 'n Sinodale
konferensie waarheen ons afgevaardigdes stuur. Na so ’n byeenkoms getuig almal van die seën wat hul ontvang het. Van die
lede is ook betrokke by Kinder- en Jeugwerk in die gemeente.
2009 was vir ons ’n jaar van groter betrokkenheid en geestelike groei
in die lewens van ons lede.