Ons glo dat ons as gemeente baie aandag moet gee aan die geestelike versorging van die kleiner kinders. Daarom het die gemeente
oor die afgelope aantal jare twee lidmate gehad wat spesiaal met die kleiner kinders gewerk het. Hulle is nie meer in die poste
nie en daarom het die Kerkraad twee van die Jeugkomitee lede aangestel wat aandag aan die werk moet gee. Gelukkig voel beide
van hulle baie ernstig oor hierdie werk en probeer hulle om aandag aan die toerusting van Sondagskool onderwyseresse te gee.
Ons bure
is betrokke by Kinder Evangelisasie en help ons met skoling van die Sondagskool onderwyseresse.