Dissipelskap opleiding
Ons kry van tyd tot tyd groepe van YWAM wat ons Jeug kom oplei in dissipelskap. Een van ons lidmate het vir 6 maande 地 kursus by YWAM in Jeffreysbaai gaan bywoon. Deur middel van hierdie opleiding word die Jeug bemagtig om uit te reik na ander jongmense om die Evangelie so uit te dra. Baie aandag word ook aan Sendingwerk gegee.
Jeugwerk in Mosambiek
地 Paar van die Jeug is saam tydens 地 besoek aan Mosambiek waar hulle in 地 gemeente van die Igreja Reformada
gewerk het. Gedurende die twee weke daar is 地 Leierskap Konferensie gehou en daar is ook huisbesoek by die Jeug van die gemeenskap
gedoen.
Behalwe dat hulle tydens die besoek talle jongmense kon bereik met die Evangelie en baie skoling kon gee, het die besoek vir elkeen van hulle oneindig baie beteken. Elkeen van die groep getuig van geestelike groei. Hulle het ook onder die indruk gekom van die groot geestelike nood in Mosambiek en die min werkers wat daar werk. Dit was ook vir hulle 地 openbaring hoe geestelik honger daardie mense is en watter offers deur die werkers daar gebring word.