VGK Decoligny
Decoligny is ’n sendingstasie net buite Mthatha (Umtata) in Suid-Afrika. Ons werk onder die plaaslik Xhosa bevolking.
Om inligting
oor ons gemeente deur te gee, wil ek graag gebruikmaak van ’n bekende beeld; die beeld van ’n drie-been pot.
Ek vertel die storie na
aanleiding van Rom. 15: 22 – 33 waar Paulus praat oor sy begeerte om die Evangelie verder te versprei met die hulp van ander gemeentes.
Die
storie van die Decoligny pot
Decoligny is geleë in die Transkei, naby Mthatha.
Ons werk: Geroep om Jesus te leef en te verkondig!
Ons
bedien die Xhosa
Dié pot het ’n probleem!
Dit is sonder bene...en dit het 3 bene nodig om reg te kan staan. Kom ons herstel dit.
Die
eerste been se naam is Belangstelling
“Ek is baiekeer verhinder om na julle te kom ... Ek koester die begeerte.” (Rom. 15: 22)
Hoe kan
jy bid as jy nie belangstel om uit te vind wat aangaan in die werk van Decoligny nie?
Ons waardeer: Briewe, E-pos, Oproepe
Die tweede
been se naam is Besoeke
“En ek koester al baie jare die begeerte om julle te besoek.” (Rom. 15: 23)
Dit is goed om te luister na vertellings.
Dit
is beter om foto’s te sien.
Dit is die beste om self te kom beleef!
Kom besoek en kom beleef die kultuur en kerk van die Xhosa.
Die
derde been se naam is Borge
“Die gemeentes het dit naamlik goedgedink om iets by te dra...” (Rom. 15: 26)
Ons werk onder baie arm mense.
Om ons werk te laat voortgaan, het ons u hulp nodig, vir evangelisasie, opleiding en salaris.
“Julle gawe is voor God ’n offer met
lieflike geur, vir Hom aanneemlik en welgevallig.” (Fil. 4: 18)
Die belangrikste van alles is GEBED!
Die pot beteken niks as daar nie
vuur onder dit is nie ...
Die vuur wat nodig is, is die gebede van ons voorbidders.
“Ek versoek julle dan dringend, broers...Stry saam
met my deur vir my te bid.” (Rom. 15: 30)
Klik gerus op enige van die skakels om meer uit te vind oor Decoligny en sy mense.
Welkom by VGK Decoligny !